Bespreek Kafferkraal
*Baie vrugbare grond.
*Waterryke plaas.
*Bewerkte grond - kampe is omhein.
*Besproeibare grond (20 morg is onder water.)
*Baie veiveld.
Bespreek Ferdinand Basson
* Vriend uit Fransina se jong dae wat verlief raak op haar.
* Koop Bart se grond, betaal meer as wat nodig is.
* Teenoorgestelde van Bart en trou met Fransina terwyl Bart in tronk is.
Bespreek Bart Nel se karaktertrekke
* Hardkoppig
* Hardwerkend
* Ken sy swakpunte
* Opreg
* Bang vir niks en niemand
* Realis
* Waaghalsig
* Humeurig
* Nors
* Beginselvas
Bespreek probleme wat Fransina vrou-alleen op die plaas ondervind
* Dissiplinêre probleme - werkers daag nie op nie.
* Die swems vinke verniel koring.
* Is van boere afhanklik vir hulp (Oom Giel)
* Perde vrek.
Wednesday, 29 January 2014
Wednesday, 15 January 2014
Karakter Opsomming
Bart Nel – Bart Nel, hoofkarakter. Woon op Kafferkraal, plaas in
distrik van Pretoria. Daar boer hy met
koring. Hy het nie van kleins daar gewoon nie, maar het sy grond daar gekoop. Hy
het ‘n skoonvader van wie hy nie baie hou nie. Hy het baie skuld. Hy is fisies
baie aantreklik, ‘n breë bors, donker hare, “bruingebrand, swaarbenig en
gespierd”, “byna swart, onversaagde oë, stug en nors.” Bl. 12. Hy rook pyp.
Albei sy ouers is reeds oorlede. Hy is goed met sy hande en het die
riempiesbank- en stoele self gemaak. Hy
is ‘n hardkoppigge man en is te trots om sy emosies teenoor Fransina te erken.
Hy was altyd vir Botha, maar toe Botha besluit om vir Engeland te veg het hy
besluit om te rebelleer. Later word hy die veldkornet van die rebelle. Hy is
eiesinnig en ‘n realis, ‘n doener, ‘n voorvatter. Hy het baie sterk
leierseienskappe en was die veldkornet van Kafferkraal. Hy het baie sterk
oortuigings en daarom is mense lief vir hom. Ongelukkig maak hy opofferings
soos sy familie vir sy oortuigings. Hy was vir 5 jaar in die tronk, en het na
sy vrylating op Steenkoolbank gaan bly, akkommodasie gehuur by Gert Martiz.
Fransina – Bart se vrou. Sy is ‘n naaldwerkentoesias. Sy het lang,
witvaal hare wat blink. Sy het ligblou oë wat van kleur wissel soos haar bui
verander. Sy is goed versorg. Die kind wat aan haar drink verg baie energie en
dus is sy brandmaer. Lig met ‘n spieël om Bart te roep. Sy is baie mooi, en
lank. Sy is ‘n draadstitter en kan nie besluit tussen die regering en die
rebellie nie, maar sy leun meer na die regering se kant. Sy is die dogter van
‘n ryk mielieboer, Kasper van Tonder. Haar ouers wou gehad het sy moet met
Ferdinand Basson trou. Na die Rebellie is sy onseker van haar liefde vir Bart,
maar sy is te trots om haar gevoelens te erken teenoor hom. Sy is hardkoppig en
weier om haarself te verneder ter wille van haar huwelik.
Sara – Die huishulp. Sy is
nog jonk.
Annekie – Bart en Fransina se
dogtertjie, asook hul eerste kind. Sy is haar pa se gunsteling, en gaan bly by
hom na die egskeiding. Sy het vir Bart geselskap gehou. Ongeveer 9 jaar oud. “Donker oë en lang, bruin
hare.” Bl. 13. Annekie liefkoos beide haar ouers om vrede in die huis te
bewaar. Bl. 30 Sy besit ‘n swart hen. Sy
is spontaan en intelligent en is dadelik bewus daarvan as Fransina hartseer is.
Sy hou egter nie van haar ma se tweede huwelik nie – sy gaan kuier min daar.
Ferdinand Basson – 30 jaar oud, maar lyk jonger. Hy is smoorverlief op
Fransina. Fransina se ouers het hom as ‘n meer geskikte huweliksmaat vir haar
gesien. Hy is ‘n wewenaar en het ‘n dogtertjie uit die vorige huwelik. Hy is
lig en sag van kleur (blou oë.) Hy het ‘n klein, swart snorretjie bo sy lip en
skep ‘n swak manlike indruk – veral omdat hy maklik bloos en altyd netjies lyk
in mooi klere. Hy is ‘n laffaard en voel skuldig omdat hy ‘n draadsitter is,
maar hy doen dit om konflik te vermy. Hy is ‘n gebore besigheidsman, maar sy
gevoelenes vir Fransina oorskadu dit. Hy is agteraf en vat sy kans met Fransina
wyl Bart in die tronk is – en betaal meer vir Bart se grond as wat nodig was.
Pieter Vermaak – Jong man, om en by 25, “ligvaal, sy gesig
rooi verbrand.” Uitpeulende oë wat altyd ‘n sweem van lag bevat.
Oom Giel – Tussen 50 en 60. Kort, oorgewig, met ‘n “vaal puntbaard
en klein, loerige blou oë.” Sy stem is sag en dof. Bl. 12 Gawie se swaer. Hy
rook.
Fransoois le Roux – “bruin en maer en sy donker oë is groot en vermoeid,
maar sy spraak is luid en opgewek.”
Maria – is Pieter se vrou. Sy is lelik en het ‘n wye mond met
geel tande, klein witblou oë, geelblond hare. Haar skouers en kop leun bietjie
vooroor. Maar sy is ‘n goeie mens.
Oom Gawie – Fransoois se
ouer broer. Nog nie 50 jaar van ouderdom nie, maar sy hare het reeds spierwit
verkleur. “’n Groot man, geset, met ‘n grys puntbaard.” Hy het rooi en gesonde
wange, maar hierdie jeugdige voorkoms pas nie by sy grys hare nie. Hy het 2
seuns. 1 jaar tronkstraf uitgedien
a.g.v. sy oortuigings. Hy ondersteun vir Bart in die Rebellie en is volgens die
regering sy assistent.
Tuesday, 14 January 2014
Kafferkraal - die plaas
Kafferkraal is in Transvaal.
Kafferkraal staan by 'n laagte, 'n breë laagte van swart grond, die beste grond van die plaas. 'n Lap vrugbare, gelyke aarde wat daar tussen die skuinstes van die sandbulte lê asof daar 'n rivier van modder daar opgedroog het.
Water kom uit fonteine van die dwarsrand wat Kafferkraal in die weste begrens. Fyn onsigbare druppels wat 'n stroom vorm.
Wat ons sover weet van Kafferkraal
- vrugbaar
- besproeibaar
- 5000 morg
- 600 is Bart Nel s'n.
- sterk fonteine.
- grond is omhein
- kampe gemaak
- vangdam gebou deur Bart sodat hy water het selfs in droogte.
Kafferkraal lê tussen die Witrant en die Rooirant, teen Kortrant.
Rooirant is roeskleurige blou-ysterklip.
Witrant is sandsteen.
Kafferkraal is vierkantig, met sy bakens op die Witrant en sy ander bakens op die Rooirant.
Aan die ander kant van die laagte, ongeveer 10 minute met die voet van hulle af, woon Pieter Vermaak. Sy huis is omring met 'n boord perskebome, swarthoutbome, en een hoë bloekomboom.
Die binnekant van die huis is netjies. Vrolik, met 'n helderkleurige tapyt op die vloer en papier met blommetjies op die mure. Daar staan 'n riempiesbank en riempiestoele wat Bart self gemaak het. Portrette teen die mure, foto's van haar ouers en skoonouers, ook 'n portret van Generaal Botha. Wildbokvelle op die vloer en 'n tiervel oor die leuning van die riempiesbank. Op die tafel is 'n gehekelde lappie en 'n blompot met perske bloeisels.
Fransina wil graag die plek mooier maak, maar daar is nie nou geld nie.
Sy lewe gemaklik, maar nie goed genoeg vir haar nie.

Hoofstuk 1
* Bart Nel woon in Kafferkraal in die omgewing van Pretoria.
* Hy het die plaas daar gekoop
* Hy woon tussen Le Rouxs en Vermake.
* Hy sê Le Rouxs en Vermake is nie volmaak nie, maar daarby erken hy hy is ook nie.
* Hy is 'n realis.
* Daar is wrywing tussen Bart en sy skoonfamilie.
* Hy volg nie ander se raad nie.
* Word as enkeling groot - ouers is beide lankal dood.
* Kafferkraal het 7 of 8 huise op.
* Hy is hardwerkend.
* Hy het in opstand gekom omdat hy van swartes hou nie (wil nie wagter vir sy skape hê nie.)
* Hy het geld by bank geleen en het nou skuld.
* Bart is 'n wakker ou, kop vir besigheid, hardwerkend, waaghalsig.
* Oktober 1914 - jaar van die rebellie, tog die mooiste jaar. Verwys na C Louis Leipoldt se gedig. Sien http://skoorblok.wordpress.com/2007/10/01/oktobermaand-c-louis-leipoldt/
* Transvaal was mooi om te sien daardie tyd, heldergroen.
* Kafferkraal is 'n baie goeie plaas.
Goed. Wanneer ons verder lees leer ons dat Bart met koring boer.
Ons kom agter dat Bart en Fransina vreeslik hardkoppig is. Hierdie kan hul verhouding strem.
Fransina se seuntjie is 18 maande oud en sy borsvoed hom nog, sy bederf hom, want sy glo hy's haar laaste kind. Sy verwys ook na hom as Oubaas.
Sara is hul huishulp, en sy word die meid genoem terwyl Fransina Mevrou Nel genoem word.
Hulle het 'n brief ontvang wat sê dat hulle moet opstaan vir vryheid, maar alles hang af van die regering.
Boere redeneer weer hulle sal veg, maar nie vir lank nie.
AANDAG ALLE BART NEL LESERS.
HIER HET BAIE VERWARRING ONTSTAAN.
Oom Gawie en Bart is vir die rebellie, dus NATIONALISTE. (NAT)
Fransina aan die ander kant is 'n draadsitter, alhoewel sy meer na die regering se kant to leun. Sy is 'n SAP. (Suid Afrikaanse Party) Sy hou nie van die Herzogmanne (Natte) nie.
Nationaliste is kwaad vir Botha omdat hy boerebloed wil offer vir die Engelse.
Ons kry nou 'n beter idee van wat aangaan. Hulle ontvang die krygswet, of soos Bart dit noem, die hou-jou-bek-wet. Hulle mag niks sê, geen opinie hê nie.
Fransina voel die mans gee te veel aandag aan politici en te min aan die boerdery.
Hulle verwys na die Vierkleur en Bontlap, dis die vlae wat daardie tyd gebruik is.
Generaal Beyers is op sy plaas met 600 mans. Hy is op sy plaas, weggevlug uit Pretoria. Die Engelse bedreig hom daar. Hulle het sy twee honde in die nag doodgesteek - dit dui dat die regering gaan optree as jy teen hulle is.
Ander leiers is:
*Beyers
*Generaal de Wet
*Generaal De La Rey
*Jopie Fourie
*Generaal Myburg
*Rooi Martiens Venter
"Boer teen Boer, dis 'n lelike ding" - Bart
Driejarige Oorlog was maar twaalf jaar gelede en nou verwag die regering dat die Boere hul kinders moet opgee vir die eer en voordeel van Engeland.
Regering het parlament laat beslis en dit het met groot meerderheid vir die aanval op Duitswes (Namibië) gestem.
Oom Giel word nie deur ander boere vertrou nie, veral nie Bart nie.
Oom Gawie wil nie by sy swaer Giel aanry nie. Hy het iets wat hy wegsteek. Hy, Giel, word deur die ander nie vertrou nie, en dit maak hom seer.
Bart het ook vertroue in Fransina verloor, hy's bang sy lap sy geheime uit.
Siener van Rensburg is saam met Kemp in Lichtenburg.
Generaal Zertzog is teen gewapende verset gekant.
Bart word gekies as leier.
Bart en Oom Giel stamp koppe.
Giel: "Ek stem nie met jou saam nie."
Bart: "Ja Oom, maar dis nou 'n tyd dat elkeen maak soos hy dink reg is."
Bart wil nie met Fransina baklei nie, maar altwee is hardkoppig.
Hoe hy weggaan met sy perd het sy vir hom gesê
"Dit vergeef ek jou nooit, Bart" (bl 34)
Fransina raak hard en bitter.
Hulle het 'n vergadering gehou, maar slegs 25 mense het opgedaag.
Van die redes vir afwesigheid is 1) skielike siekte, 2) sal nog kom, maar hulle het ander besigheid vir eers, 3) party is opgekommandeer.
Toe Bart en sy manne in 'n swarthoutplantasie afsaal was hulle al 50 man, maar sonder enige wapens of nodighede.
Bart het by 'n Jood van die nodighede gekoop op sy naam, en so maak hy skuld, en Bart is kommandant.
Bart glo steeds vas die regering is Engelsgesind en dat die ander Boere op die draad sit en net wag om af te val.
Meneer Van der Hoven sê die Vryheidsoorlog van 1880 was anders, en die mense was anders. Daar was toe geesdrif, maar deesdae se mense sit en bereken wat die veiligste en voordeligste vir hulself gaan wees. Meneer Van der Hoven se dogter gaan na Bart toe, en dit word duidelik dat Bart-hulle gesien word as helde. En die mense is trots op hulle.
Terug op die perde, doen Magiel introspeksie. Hy maan hulle rebellie is dooierig, aan die slaap. Hulle ry net rond, voer niks uit nie, geen gevegte, geen proklamasies.
Maar Bart meen toe dat dit so is, maar dat hy graag SONDER OM TE SKIET die regering wil regkry. Hy redeneer dat as hulle baie is, die regering dalk sal wil onderhandel.
Sy voormanne kom terug en het gesien hoe baie mense val.
Bart vermoed party regeringsmanne het doelbewus mis geskiet, en Bart wens hy kon 'n paar van hulle skiet, maar later voeg hy by dat dit nie die Here se wil is nie, en dat sy volk maar die res van hul lewens sal slawe bly.
Midde-in 'n vlakte met lae doringbome lê die rantjie. Hulle maak die aanval daar van 4 kante.
Hulle sien die regeringsmanne met hul perde. Bart se rebellie skiet op hulle, en 'n verskrikte perd storm op hul af. Bart beveel dat die perd geskiet word uit vrees dat sy manne seer kry.
Magiel en Fransoois loop vooruit om te kyk of dit veilig is. Magiel wantrou vir Fransoois, wonder of hy nie moedswillig mis skiet nie.
"Soos hulle aan ons doen, doen ek aan hulle! - Soos 'n man my behandel, so behandel ek hom."
"Ja, dit lyk party dae nog die beste politiek," sê Fransoois.
"Dit is die beste politiek," sê Magiel.
Hulle stuur 'n paar manne af na 'n sendeling om medisyne en verbandmiddels te vra - Bart omferm hom oor sy manne.
Bart word gekonfronteer met die vraag: waarvoor veg hulle eintlik nog? Hulle is dan eintlik reeds verlore.
Bart praat met Oom Gawie hieroor, en Bart sê hy voel soos 'n vis in die net.
Oom Gawie meen die toestand lyk hopeloos.
Bart besluit om sy wapen af te gee en alleen te bly aan die buitekant, want dit sal dalk vir sy manne 'n kans gee om los te kom.
Oom Gawie dink die kaffers gaan hom weggee, maar Bart wil vlug na Rhodesië (Zimbabwe) of Duitswes (Namibië.)
Bart is bekommerd oor sy keuse, want om by sy manne te bly is tog manliker.
Bart sit weer alleen. Vir hom was dit die einde. Al die gebeure van die laaste tyd het voor hom afgespeel. Die regering staan agter Botha, die volk te pap om op te staan. Dis nie die Boerenasie wat hy ken nie, dit was anders. Hy meen hulle het afgesak, eers hoog geloop en toe al hoe verwarder en swakker. 'n Agteruitgaande nasie, 'n volk van wag, van aarsel, oorlê, bereken. 'n Paar loop soos vroeër, trots en beslis, maar die groot menigte loop skuifelend en onseker.
Hy was bereid om alleen tronk toe te gaan, en bewus dat Oom Gawie ook moontlik sal moet gaan.
Hy het met sy manne oor sy besluit gepraat en niemand het 'n probleem daarmee gehad nie. Almal het saamgestem dat dit die einde is. Net Magiel het gesê dat hy graag nog sou wou skiet.
Pieter en jong Van Den Hoven het gery. Van den Hoven skeur 'n lat af en maak sy sakdoek daaraan vas. "Dit is die wit vlag. Die rebelle gee oor. Die Boere maak vrede."
Pieter raak kwaad en sê hy's 'n gek.
Van der Hoven voel hulle gaan wel oorgee, maar dis nie 'n skande nie.
Hulle word voorgekeer en gesê dat omdat hulle bly veg het na die proklamasie uitgegee is dat Bart onttrek, is dit nie geldig nie.
Die kommandant kyk na Pieter en vra "hoekom was jy dan so haastig om te rebelleer, neef Pieter? Ons moenie sulke dinge aanvang nie, man. Dis net 'n bloedstorting verniet. Ons kan die Vader dank dat die rebellie so gou doodgeloop het. Ek is bly dat Bart uiteindelik rede verstaan. Dit help niks; ons vergiet net Boerebloed en die Engelse lag ons uit."
* Hy het die plaas daar gekoop
* Hy woon tussen Le Rouxs en Vermake.
* Hy sê Le Rouxs en Vermake is nie volmaak nie, maar daarby erken hy hy is ook nie.
* Hy is 'n realis.
* Daar is wrywing tussen Bart en sy skoonfamilie.
* Hy volg nie ander se raad nie.
* Word as enkeling groot - ouers is beide lankal dood.
* Kafferkraal het 7 of 8 huise op.
* Hy is hardwerkend.
* Hy het in opstand gekom omdat hy van swartes hou nie (wil nie wagter vir sy skape hê nie.)
* Hy het geld by bank geleen en het nou skuld.
* Bart is 'n wakker ou, kop vir besigheid, hardwerkend, waaghalsig.
* Oktober 1914 - jaar van die rebellie, tog die mooiste jaar. Verwys na C Louis Leipoldt se gedig. Sien http://skoorblok.wordpress.com/2007/10/01/oktobermaand-c-louis-leipoldt/
* Transvaal was mooi om te sien daardie tyd, heldergroen.
* Kafferkraal is 'n baie goeie plaas.
Goed. Wanneer ons verder lees leer ons dat Bart met koring boer.
Ons kom agter dat Bart en Fransina vreeslik hardkoppig is. Hierdie kan hul verhouding strem.
Fransina se seuntjie is 18 maande oud en sy borsvoed hom nog, sy bederf hom, want sy glo hy's haar laaste kind. Sy verwys ook na hom as Oubaas.
Sara is hul huishulp, en sy word die meid genoem terwyl Fransina Mevrou Nel genoem word.
Hulle het 'n brief ontvang wat sê dat hulle moet opstaan vir vryheid, maar alles hang af van die regering.
Boere redeneer weer hulle sal veg, maar nie vir lank nie.
AANDAG ALLE BART NEL LESERS.
HIER HET BAIE VERWARRING ONTSTAAN.
Oom Gawie en Bart is vir die rebellie, dus NATIONALISTE. (NAT)
Fransina aan die ander kant is 'n draadsitter, alhoewel sy meer na die regering se kant to leun. Sy is 'n SAP. (Suid Afrikaanse Party) Sy hou nie van die Herzogmanne (Natte) nie.
Nationaliste is kwaad vir Botha omdat hy boerebloed wil offer vir die Engelse.
Ons kry nou 'n beter idee van wat aangaan. Hulle ontvang die krygswet, of soos Bart dit noem, die hou-jou-bek-wet. Hulle mag niks sê, geen opinie hê nie.
Fransina voel die mans gee te veel aandag aan politici en te min aan die boerdery.
Hulle verwys na die Vierkleur en Bontlap, dis die vlae wat daardie tyd gebruik is.
Generaal Beyers is op sy plaas met 600 mans. Hy is op sy plaas, weggevlug uit Pretoria. Die Engelse bedreig hom daar. Hulle het sy twee honde in die nag doodgesteek - dit dui dat die regering gaan optree as jy teen hulle is.
Ander leiers is:
*Beyers
*Generaal de Wet
*Generaal De La Rey
*Jopie Fourie
*Generaal Myburg
*Rooi Martiens Venter
"Boer teen Boer, dis 'n lelike ding" - Bart
Driejarige Oorlog was maar twaalf jaar gelede en nou verwag die regering dat die Boere hul kinders moet opgee vir die eer en voordeel van Engeland.
Regering het parlament laat beslis en dit het met groot meerderheid vir die aanval op Duitswes (Namibië) gestem.
Oom Giel word nie deur ander boere vertrou nie, veral nie Bart nie.
Oom Gawie wil nie by sy swaer Giel aanry nie. Hy het iets wat hy wegsteek. Hy, Giel, word deur die ander nie vertrou nie, en dit maak hom seer.
Bart het ook vertroue in Fransina verloor, hy's bang sy lap sy geheime uit.
Siener van Rensburg is saam met Kemp in Lichtenburg.
Generaal Zertzog is teen gewapende verset gekant.
Bart word gekies as leier.
Bart en Oom Giel stamp koppe.
Giel: "Ek stem nie met jou saam nie."
Bart: "Ja Oom, maar dis nou 'n tyd dat elkeen maak soos hy dink reg is."
Bart wil nie met Fransina baklei nie, maar altwee is hardkoppig.
Hoe hy weggaan met sy perd het sy vir hom gesê
"Dit vergeef ek jou nooit, Bart" (bl 34)
Fransina raak hard en bitter.
Hulle het 'n vergadering gehou, maar slegs 25 mense het opgedaag.
Van die redes vir afwesigheid is 1) skielike siekte, 2) sal nog kom, maar hulle het ander besigheid vir eers, 3) party is opgekommandeer.
Toe Bart en sy manne in 'n swarthoutplantasie afsaal was hulle al 50 man, maar sonder enige wapens of nodighede.
Hulle stuur 'n paar manne af na 'n sendeling om medisyne en verbandmiddels te vra - Bart omferm hom oor sy manne.
Bart word gekonfronteer met die vraag: waarvoor veg hulle eintlik nog? Hulle is dan eintlik reeds verlore.
Bart praat met Oom Gawie hieroor, en Bart sê hy voel soos 'n vis in die net.
Oom Gawie meen die toestand lyk hopeloos.
Bart besluit om sy wapen af te gee en alleen te bly aan die buitekant, want dit sal dalk vir sy manne 'n kans gee om los te kom.
Oom Gawie dink die kaffers gaan hom weggee, maar Bart wil vlug na Rhodesië (Zimbabwe) of Duitswes (Namibië.)
Bart is bekommerd oor sy keuse, want om by sy manne te bly is tog manliker.
Bart sit weer alleen. Vir hom was dit die einde. Al die gebeure van die laaste tyd het voor hom afgespeel. Die regering staan agter Botha, die volk te pap om op te staan. Dis nie die Boerenasie wat hy ken nie, dit was anders. Hy meen hulle het afgesak, eers hoog geloop en toe al hoe verwarder en swakker. 'n Agteruitgaande nasie, 'n volk van wag, van aarsel, oorlê, bereken. 'n Paar loop soos vroeër, trots en beslis, maar die groot menigte loop skuifelend en onseker.
Hy was bereid om alleen tronk toe te gaan, en bewus dat Oom Gawie ook moontlik sal moet gaan.
Hy het met sy manne oor sy besluit gepraat en niemand het 'n probleem daarmee gehad nie. Almal het saamgestem dat dit die einde is. Net Magiel het gesê dat hy graag nog sou wou skiet.
Pieter en jong Van Den Hoven het gery. Van den Hoven skeur 'n lat af en maak sy sakdoek daaraan vas. "Dit is die wit vlag. Die rebelle gee oor. Die Boere maak vrede."
Pieter raak kwaad en sê hy's 'n gek.
Van der Hoven voel hulle gaan wel oorgee, maar dis nie 'n skande nie.
Hulle word voorgekeer en gesê dat omdat hulle bly veg het na die proklamasie uitgegee is dat Bart onttrek, is dit nie geldig nie.
Die kommandant kyk na Pieter en vra "hoekom was jy dan so haastig om te rebelleer, neef Pieter? Ons moenie sulke dinge aanvang nie, man. Dis net 'n bloedstorting verniet. Ons kan die Vader dank dat die rebellie so gou doodgeloop het. Ek is bly dat Bart uiteindelik rede verstaan. Dit help niks; ons vergiet net Boerebloed en die Engelse lag ons uit."
Hoekom Bart Nel?
Hallo almal!
Weet julle wat is goed van hierdie boek?
Die boek is ‘n classic. ‘n Classic is ‘n boek wat geprys
word, maar nie gelees word nie. Hy word al vir jare der jare as ‘n voorgeskrewe
boek gekies. Julle ouers het hom heel moontlik ook gehad. Wat goed is daarvan,
is dat al die vrae wat oor die boek gevra kan word, reeds gevra is. So ons kan
verskriklik goed voor berei.
Ek hoop julle geniet dit saam met my!
Hierdie blog is vir almal wat Bart Nel as ‘n voorgeskrewe
boek gekry het, maar dit nie wil of gaan lees nie. Ek is hier om julle lewens
makliker te maak. Ja, wonderlike mense soos ek bestaan nog.
Ek hoop julle geniet dit saam met my!
Subscribe to:
Posts (Atom)