* Hy het die plaas daar gekoop
* Hy woon tussen Le Rouxs en Vermake.
* Hy sê Le Rouxs en Vermake is nie volmaak nie, maar daarby erken hy hy is ook nie.
* Hy is 'n realis.
* Daar is wrywing tussen Bart en sy skoonfamilie.
* Hy volg nie ander se raad nie.
* Word as enkeling groot - ouers is beide lankal dood.
* Kafferkraal het 7 of 8 huise op.
* Hy is hardwerkend.
* Hy het in opstand gekom omdat hy van swartes hou nie (wil nie wagter vir sy skape hê nie.)
* Hy het geld by bank geleen en het nou skuld.
* Bart is 'n wakker ou, kop vir besigheid, hardwerkend, waaghalsig.
* Oktober 1914 - jaar van die rebellie, tog die mooiste jaar. Verwys na C Louis Leipoldt se gedig. Sien http://skoorblok.wordpress.com/2007/10/01/oktobermaand-c-louis-leipoldt/
* Transvaal was mooi om te sien daardie tyd, heldergroen.
* Kafferkraal is 'n baie goeie plaas.
Goed. Wanneer ons verder lees leer ons dat Bart met koring boer.
Ons kom agter dat Bart en Fransina vreeslik hardkoppig is. Hierdie kan hul verhouding strem.
Fransina se seuntjie is 18 maande oud en sy borsvoed hom nog, sy bederf hom, want sy glo hy's haar laaste kind. Sy verwys ook na hom as Oubaas.
Sara is hul huishulp, en sy word die meid genoem terwyl Fransina Mevrou Nel genoem word.
Hulle het 'n brief ontvang wat sê dat hulle moet opstaan vir vryheid, maar alles hang af van die regering.
Boere redeneer weer hulle sal veg, maar nie vir lank nie.
AANDAG ALLE BART NEL LESERS.
HIER HET BAIE VERWARRING ONTSTAAN.
Oom Gawie en Bart is vir die rebellie, dus NATIONALISTE. (NAT)
Fransina aan die ander kant is 'n draadsitter, alhoewel sy meer na die regering se kant to leun. Sy is 'n SAP. (Suid Afrikaanse Party) Sy hou nie van die Herzogmanne (Natte) nie.
Nationaliste is kwaad vir Botha omdat hy boerebloed wil offer vir die Engelse.
Ons kry nou 'n beter idee van wat aangaan. Hulle ontvang die krygswet, of soos Bart dit noem, die hou-jou-bek-wet. Hulle mag niks sê, geen opinie hê nie.
Fransina voel die mans gee te veel aandag aan politici en te min aan die boerdery.
Hulle verwys na die Vierkleur en Bontlap, dis die vlae wat daardie tyd gebruik is.
Generaal Beyers is op sy plaas met 600 mans. Hy is op sy plaas, weggevlug uit Pretoria. Die Engelse bedreig hom daar. Hulle het sy twee honde in die nag doodgesteek - dit dui dat die regering gaan optree as jy teen hulle is.
Ander leiers is:
*Beyers
*Generaal de Wet
*Generaal De La Rey
*Jopie Fourie
*Generaal Myburg
*Rooi Martiens Venter
"Boer teen Boer, dis 'n lelike ding" - Bart
Driejarige Oorlog was maar twaalf jaar gelede en nou verwag die regering dat die Boere hul kinders moet opgee vir die eer en voordeel van Engeland.
Regering het parlament laat beslis en dit het met groot meerderheid vir die aanval op Duitswes (Namibië) gestem.
Oom Giel word nie deur ander boere vertrou nie, veral nie Bart nie.
Oom Gawie wil nie by sy swaer Giel aanry nie. Hy het iets wat hy wegsteek. Hy, Giel, word deur die ander nie vertrou nie, en dit maak hom seer.
Bart het ook vertroue in Fransina verloor, hy's bang sy lap sy geheime uit.
Siener van Rensburg is saam met Kemp in Lichtenburg.
Generaal Zertzog is teen gewapende verset gekant.
Bart word gekies as leier.
Bart en Oom Giel stamp koppe.
Giel: "Ek stem nie met jou saam nie."
Bart: "Ja Oom, maar dis nou 'n tyd dat elkeen maak soos hy dink reg is."
Bart wil nie met Fransina baklei nie, maar altwee is hardkoppig.
Hoe hy weggaan met sy perd het sy vir hom gesê
"Dit vergeef ek jou nooit, Bart" (bl 34)
Fransina raak hard en bitter.
Hulle het 'n vergadering gehou, maar slegs 25 mense het opgedaag.
Van die redes vir afwesigheid is 1) skielike siekte, 2) sal nog kom, maar hulle het ander besigheid vir eers, 3) party is opgekommandeer.
Toe Bart en sy manne in 'n swarthoutplantasie afsaal was hulle al 50 man, maar sonder enige wapens of nodighede.
Hulle stuur 'n paar manne af na 'n sendeling om medisyne en verbandmiddels te vra - Bart omferm hom oor sy manne.
Bart word gekonfronteer met die vraag: waarvoor veg hulle eintlik nog? Hulle is dan eintlik reeds verlore.
Bart praat met Oom Gawie hieroor, en Bart sê hy voel soos 'n vis in die net.
Oom Gawie meen die toestand lyk hopeloos.
Bart besluit om sy wapen af te gee en alleen te bly aan die buitekant, want dit sal dalk vir sy manne 'n kans gee om los te kom.
Oom Gawie dink die kaffers gaan hom weggee, maar Bart wil vlug na Rhodesië (Zimbabwe) of Duitswes (Namibië.)
Bart is bekommerd oor sy keuse, want om by sy manne te bly is tog manliker.
Bart sit weer alleen. Vir hom was dit die einde. Al die gebeure van die laaste tyd het voor hom afgespeel. Die regering staan agter Botha, die volk te pap om op te staan. Dis nie die Boerenasie wat hy ken nie, dit was anders. Hy meen hulle het afgesak, eers hoog geloop en toe al hoe verwarder en swakker. 'n Agteruitgaande nasie, 'n volk van wag, van aarsel, oorlê, bereken. 'n Paar loop soos vroeër, trots en beslis, maar die groot menigte loop skuifelend en onseker.
Hy was bereid om alleen tronk toe te gaan, en bewus dat Oom Gawie ook moontlik sal moet gaan.
Hy het met sy manne oor sy besluit gepraat en niemand het 'n probleem daarmee gehad nie. Almal het saamgestem dat dit die einde is. Net Magiel het gesê dat hy graag nog sou wou skiet.
Pieter en jong Van Den Hoven het gery. Van den Hoven skeur 'n lat af en maak sy sakdoek daaraan vas. "Dit is die wit vlag. Die rebelle gee oor. Die Boere maak vrede."
Pieter raak kwaad en sê hy's 'n gek.
Van der Hoven voel hulle gaan wel oorgee, maar dis nie 'n skande nie.
Hulle word voorgekeer en gesê dat omdat hulle bly veg het na die proklamasie uitgegee is dat Bart onttrek, is dit nie geldig nie.
Die kommandant kyk na Pieter en vra "hoekom was jy dan so haastig om te rebelleer, neef Pieter? Ons moenie sulke dinge aanvang nie, man. Dis net 'n bloedstorting verniet. Ons kan die Vader dank dat die rebellie so gou doodgeloop het. Ek is bly dat Bart uiteindelik rede verstaan. Dit help niks; ons vergiet net Boerebloed en die Engelse lag ons uit."
No comments:
Post a Comment