Tuesday, 14 January 2014

Hoekom Bart Nel?

Hallo almal!

Hierdie blog is vir almal wat Bart Nel as ‘n voorgeskrewe boek gekry het, maar dit nie wil of gaan lees nie. Ek is hier om julle lewens makliker te maak. Ja, wonderlike mense soos ek bestaan nog.

 Weet julle wat is goed van hierdie boek?
Die boek is ‘n classic. ‘n Classic is ‘n boek wat geprys word, maar nie gelees word nie. Hy word al vir jare der jare as ‘n voorgeskrewe boek gekies. Julle ouers het hom heel moontlik ook gehad. Wat goed is daarvan, is dat al die vrae wat oor die boek gevra kan word, reeds gevra is. So ons kan verskriklik goed voor berei.

Ek hoop julle geniet dit saam met my!

3 comments:

  1. HELP! Ek het 'n langvraag gekry vir 'n taak - Die twee hoofkarakters, Bart en Fransina, interpreteer deelname aan die Rebellie uit die oogtepunt van elkeen se persoonlike sieninge of behoeftes - die lei uiteindelik tot die vernietiging van hulle huweliksverhouding.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dis redelik maklik? Bart, as gevolg van sy manlikheid en sy trots, neem deel aan die rebellie omdat hy kwaad is vir die regering, die vorige oorlog nog vars in sy geheue. Fransina, omdat sy 'n kind het en vir haar man omgee, en ook uit vrees, raai Bart aan om by die huis te bly. Brei uit daaroor, veral oor hoe Fransina toe die eensaamheid hanteer het toe hy weg was... die plaas wat verval het en haar huwelik met die ander ou. Die vernietiging van die huwelik was omdat sy aandag gekry het by ander mans, en uit eensaamheid en pure desperaatheid toe vir hom liefgeraak het, en besides, Bart was in die tronk en het vir haar tonne skuld gelos. Jy kan maklik 2000 woorde hieroor skryf, dis 'n lekker onderwerp! Sterkte!

      Delete
  2. HELP ASB. wat het Ferdinand bassoon se karakter bygedra tot die roman Bart Nel?

    ReplyDelete