Wednesday, 15 January 2014

Karakter Opsomming


Bart Nel – Bart Nel, hoofkarakter. Woon op Kafferkraal, plaas in distrik van Pretoria.  Daar boer hy met koring. Hy het nie van kleins daar gewoon nie, maar het sy grond daar gekoop. Hy het ‘n skoonvader van wie hy nie baie hou nie. Hy het baie skuld. Hy is fisies baie aantreklik, ‘n breë bors, donker hare, “bruingebrand, swaarbenig en gespierd”, “byna swart, onversaagde oë, stug en nors.” Bl. 12. Hy rook pyp. Albei sy ouers is reeds oorlede. Hy is goed met sy hande en het die riempiesbank- en stoele self gemaak.  Hy is ‘n hardkoppigge man en is te trots om sy emosies teenoor Fransina te erken. Hy was altyd vir Botha, maar toe Botha besluit om vir Engeland te veg het hy besluit om te rebelleer. Later word hy die veldkornet van die rebelle. Hy is eiesinnig en ‘n realis, ‘n doener, ‘n voorvatter. Hy het baie sterk leierseienskappe en was die veldkornet van Kafferkraal. Hy het baie sterk oortuigings en daarom is mense lief vir hom. Ongelukkig maak hy opofferings soos sy familie vir sy oortuigings. Hy was vir 5 jaar in die tronk, en het na sy vrylating op Steenkoolbank gaan bly, akkommodasie gehuur by Gert Martiz.

Fransina – Bart se vrou. Sy is ‘n naaldwerkentoesias. Sy het lang, witvaal hare wat blink. Sy het ligblou oë wat van kleur wissel soos haar bui verander. Sy is goed versorg. Die kind wat aan haar drink verg baie energie en dus is sy brandmaer. Lig met ‘n spieël om Bart te roep. Sy is baie mooi, en lank. Sy is ‘n draadstitter en kan nie besluit tussen die regering en die rebellie nie, maar sy leun meer na die regering se kant. Sy is die dogter van ‘n ryk mielieboer, Kasper van Tonder. Haar ouers wou gehad het sy moet met Ferdinand Basson trou. Na die Rebellie is sy onseker van haar liefde vir Bart, maar sy is te trots om haar gevoelens te erken teenoor hom. Sy is hardkoppig en weier om haarself te verneder ter wille van haar huwelik.

Sara – Die huishulp. Sy is nog jonk.

AnnekieBart en Fransina se dogtertjie, asook hul eerste kind. Sy is haar pa se gunsteling, en gaan bly by hom na die egskeiding. Sy het vir Bart geselskap gehou.  Ongeveer 9 jaar oud. “Donker oë en lang, bruin hare.” Bl. 13. Annekie liefkoos beide haar ouers om vrede in die huis te bewaar. Bl. 30 Sy besit ‘n swart hen.  Sy is spontaan en intelligent en is dadelik bewus daarvan as Fransina hartseer is. Sy hou egter nie van haar ma se tweede huwelik nie – sy gaan kuier min daar.

Ferdinand Basson – 30 jaar oud, maar lyk jonger. Hy is smoorverlief op Fransina. Fransina se ouers het hom as ‘n meer geskikte huweliksmaat vir haar gesien. Hy is ‘n wewenaar en het ‘n dogtertjie uit die vorige huwelik. Hy is lig en sag van kleur (blou oë.) Hy het ‘n klein, swart snorretjie bo sy lip en skep ‘n swak manlike indruk – veral omdat hy maklik bloos en altyd netjies lyk in mooi klere. Hy is ‘n laffaard en voel skuldig omdat hy ‘n draadsitter is, maar hy doen dit om konflik te vermy. Hy is ‘n gebore besigheidsman, maar sy gevoelenes vir Fransina oorskadu dit. Hy is agteraf en vat sy kans met Fransina wyl Bart in die tronk is – en betaal meer vir Bart se grond as wat nodig was.

Pieter Vermaak – Jong man, om en by 25, “ligvaal, sy gesig rooi verbrand.” Uitpeulende oë wat altyd ‘n sweem van lag bevat.

Oom Giel – Tussen 50 en 60. Kort, oorgewig, met ‘n “vaal puntbaard en klein, loerige blou oë.” Sy stem is sag en dof. Bl. 12 Gawie se swaer. Hy rook.

Fransoois le Roux – “bruin en maer en sy donker oë is groot en vermoeid, maar sy spraak is luid en opgewek.”

Maria – is Pieter se vrou. Sy is lelik en het ‘n wye mond met geel tande, klein witblou oë, geelblond hare. Haar skouers en kop leun bietjie vooroor. Maar sy is ‘n goeie mens.

Oom Gawie –  Fransoois se ouer broer. Nog nie 50 jaar van ouderdom nie, maar sy hare het reeds spierwit verkleur. “’n Groot man, geset, met ‘n grys puntbaard.” Hy het rooi en gesonde wange, maar hierdie jeugdige voorkoms pas nie by sy grys hare nie. Hy het 2 seuns.  1 jaar tronkstraf uitgedien a.g.v. sy oortuigings. Hy ondersteun vir Bart in die Rebellie en is volgens die regering sy assistent.

 

 

 

No comments:

Post a Comment