Tuesday, 14 January 2014

Kafferkraal - die plaas

Kafferkraal is in Transvaal.

Kafferkraal staan by 'n laagte, 'n breë laagte van swart grond, die beste grond van die plaas. 'n Lap vrugbare, gelyke aarde wat daar tussen die skuinstes van die sandbulte lê asof daar 'n rivier van modder daar opgedroog het.

Water kom uit fonteine van die dwarsrand wat Kafferkraal in die weste begrens. Fyn onsigbare druppels wat 'n stroom vorm.

Wat ons sover weet van Kafferkraal
- vrugbaar
- besproeibaar
- 5000 morg
- 600 is Bart Nel s'n.
- sterk fonteine.
- grond is omhein
- kampe gemaak
- vangdam gebou deur Bart sodat hy water het selfs in droogte.

Kafferkraal lê tussen die Witrant en die Rooirant, teen Kortrant.

Rooirant is roeskleurige blou-ysterklip.
Witrant is sandsteen.

Kafferkraal is vierkantig, met sy bakens op die Witrant en sy ander bakens op die Rooirant.

Aan die ander kant van die laagte, ongeveer 10 minute met die voet van hulle af, woon Pieter Vermaak. Sy huis is omring met 'n boord perskebome, swarthoutbome, en een hoë bloekomboom.

Die binnekant van die huis is netjies. Vrolik, met 'n helderkleurige tapyt op die vloer en papier met blommetjies op die mure. Daar staan 'n riempiesbank en riempiestoele wat Bart self gemaak het. Portrette teen die mure, foto's van haar ouers en skoonouers, ook 'n portret van Generaal Botha. Wildbokvelle op die vloer en 'n tiervel oor die leuning van die riempiesbank. Op die tafel is 'n gehekelde lappie en 'n blompot met perske bloeisels.
Fransina wil graag die plek mooier maak, maar daar is nie nou geld nie.
Sy lewe gemaklik, maar nie goed genoeg vir haar nie.

No comments:

Post a Comment